CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT16

Lot 16 is een van die jongste bulle (27maande) op die veiling maar beindruk al van jonks af. Hy is een van 3 bulle (sien lot 19 en 22) op die veiling met dieselfde genetiese kombinasie (PAD15-78 by 'n LAR05-350 dogter) as die top prys bul op ons 2022 veiling (RPE19-123 verkoop aan Lourens van Wyk). Lot 16 se vaar PAD15-78 is gelynteel na J8 en BG96-125 deur KVB11-101 as vaar te kombineer met ‘n CSW01-14 dogter. Sy ma is 'n pragtige LAR05-350 dogter met 'n TKP van 392 oor 10 kalwers en 'n gemiddelde speenindeks van 105. Let op RPE20-146 se sterk rug wat breed loop tot reg in sy skof, 'n uitstekende aanduiding van breedte reg deur. Verder het RPE20-146 'n sterk manlike kop, baie mooi manlike nek en skof, gemaklike gang, sterk breë bek, goeie lengte van lyf en uistekende balans tussen voor en agter. Hy het uitstekende bespiering sonder om die dubbelbespiering gene te dra. Hier is 'n jong bul met goeie bouvorm en syfers wat op verse en koeie gebruik kan word.

LOT16 DAM

RPE12-27 (LAR05-350)


LOT16

RPE20-146

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values


LOT16 SIRE

PAD15-78 (KVB11-101)




CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT17

RPE20-101 is nog ‘n LAR14-265 seun uit ‘n LAR05-350 dogter (sien lot 12), hierdie kombinasie het uitstekend gewerk vir ons. RPE20-101 het ‘n uitsonderlike toplyn, goeie lengte, met BAIE diepte en kapasiteit. Sy ma is RPE12-12, is ‘n prentjie van ‘n koei, baie kapasiteit, breed van agter, vroulik en wigvormig. Sy kalf die eerste keer op 25 maande en spog met ‘n gemiddelde TKP van 384 oor 9 kalwers. RPE20-101 dra baie vleis sonder on die DB geen te dra. Ons behou ‘n semen gebruik van die bul.


LOT17 DAM

RPE12-12 (LAR05-350)


LOT17

RPE20-101

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values



LOT17 SIRE

LAR14-265


CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT18

RPE20-114 is een van ons gunsteling PAD13-177 seuns op die veiling uit 'n top produserende LAR05-350 dogter, RPE15-01, sy spog met 'n TKP van 346 oor 4 kalwers. Ons het haar ongelukkig verloor weens 'n besering. RPE20-114 is 'n bul met uitstekende lengte van lyf, goeie bouvorm, vol in die lende en goeie binne en buite dye, breed oor die rug, netjiese skrotum en skede, blink gladde vel, goeie kloue en 'n sterk breë bek.


LOT18 SIRE

LAR14-265


LOT18

RPE20-114

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values



CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT19

Lot 19 is een van die 3 bulle op die veiling wat geteel is deur PAD15-78 (KVB11-101 seun) gekombineer met 'n LAR05-350 dogter. Die kombinasie het werklik uitstekend gewerk met al 3 die seuns wat "true to type" is en ons verwag hulle sal "true to type" teel a.g.v. die kombinasie van gene wat dieselfde tipe diere vir generasies is. RPE20-86 is uit 'n top vroulike koei RPE13-18 wat ook die ma is van lot 2 van 2022 se veiling gekoop deur Dr Natie Swart. RPE20-86 dra werklik baie vleis sonder om die dubbelbespiering gene te dra. Hier is 'n baie korrekte bul met genetiese diepte, wat vleis gaan teel sonder om die DB gene te dra.

LOT19 DAM

RPE13-18 (LAR05-350 DOGTER)


LOT19

RPE20-86

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values



LOT19 SIRE

PAD15-78 (KVB11-101)

CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT20

RPE20-137 is een van die jongste bulle op die veiling maar een van die bestes. Ons het hom vars uit die fase D gebruik op stoet koeie. Hy is uit 'n befaamde LAR koei LAR09-329 wat al 5 stoet bulle geteel het, 2 by ons en 3 by Up George bonsmaras. RPE20-137 is 'n bul met 'n sterk manlike kop, breë bek, swart pigment, lang lyf, goeie nat bespiering, netjiese skede en groot skrotum wat reguit hang. Sy eie speen gewig was 274kg met 'n speen direk syfer van +27.1. 'n Bul wat goeie groei en bouvorm behoort te teel.

LOT20 DAM

LAR09-329

LOT20

RPE20-137

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values

LOT20 SIRE

PAD15-78 (KVB11-101)