CLICK ON PIC TO SEE VIDEO
LOT4
Dit is n voorreg om n spesiale bul soos lot 4 te kon gebruik en nou aan die mark beskikbaar te kan stel. RPE22-41 is n kombinasie van 2 van die bloedlyne wat ons in ons kudde wil vas lê, naamlik sy vaar LAR17-358 en sy ma se vaar LAR14-106(Ook die vaar van LAR17-339, Elof Muller). RPE22-41 se ma (LAR17-453) is 'n pragtige lang lyf koei met 'n pragtige uier en mooi wigvorm van agter na voor, nie net as mens van die kant af kyk nie maar ook van bo gesien is sy baie breër agter as voor, die toonbeeld van vroulikheid. RPE22-41 se vaar LAR17-358 het 7 seuns op die veiling en is die bul, in ons kudde, wat tot dus ver die grootste inpak gemaak het, LAR17-358 is die broer van LAR14-173(selfde ma) en teel ongelooflik konstant, met besonderse breedte en diepte en die beste lengte:hoogte verhouding, L:H teelwaarde van 1.34:1!
Al die 358 seuns was klein by geboorte en het daarna baie goed gegroei, hierdie eienskap van klein kalwers by geboorte maar met beduidend bo gemiddelde groei is iets wat ons op fokus. Daarom is RPE22-41 een van 5 seuns van 358 wat ons al reeds in die kudde gebruik het. RPE22-41 self is 'n bul met besonderse lengte, 'n lang korrekte kruis, lang middelstuk en besonderse diepte. Hy is so breed soos kan kom en dra ongelooflik baie vleis, sonder om die DM geen te dra. RPE22-41 is die bul met die beste breedte tussen die oë wat ons al gehad het en dra daardie breedte reg deur sy lyf tot agter. Hy het pragtige lang bespiering met 'n boud wat laag afkom tot op die hak. Goeie balans, skoon onderlyn met perfekte testis. Verder het RPE22-41 'n mooi lang stert, baie goeie kloue, goeie been, baie sterk onderkaak en 'n breë bek. Hier is 'n baie korrekte, blok van 'n bul sonder om die DM geen te dra, uit bewese bloedlyne. Ons behou 2 semen gebruike van die bul, semen is reeds getap.

LOT4
RPE21-219

LOT4
CLICK ON PIC
Pedigree and breeding values
LOT4 SIRE
RPE17-358

LOT4 DAM
LAR17-453