CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT2

RPE22-113 is een van 7 seuns van LAR17-358 wat ons aanbied op vanjaar se veiling. LAR17-358 is waarlik in 'n klas van sy eie, hy teel konstant klein kalwers by geboorte wat ver bo gemiddeld groei na geboorte. LAR17-358 teel die tipe bonsmara waarna ons streef, lang, breë, kort op die been, vroegryp beeste wat die skaal TRAP! Lot 2 is dan ook een van die eerste seuns van LAR17-358 wat ons self gebruik het en ons is baie opgewonde oor sy kalwers. RPE22-113 se ma, RPE13-22 is 'n pragtige LAR05-350 dogter, sy is 'n lang, diep lyf koei met 'n mooi wigvorm van agter na voor. Sy is 'n paar jaar terug amper dood van Knopvel en dra nog al die letsels, dit het haar TKP rekords beinvloed maar sy kom uit 'n hoogs vrugbare koei familie met haar ma wat 9 kalwers speen met 'n speen indeks van 104 en 'n TKP van 392. RPE22-113 is een van die langste bulle op die veiling en dra baie vleis sonder om die DB geen te dra. Hier is 'n bloubloed bul uit 'n TOP moeder.


LOT2

RPE22-113


LOT2

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values


LOT2 SIRE

LAR17-358


LOT2 DAM'S SIRE

LAR05-350