CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT3

RPE21-219 is nog 'n bul wat ons op 'n jong ouderdom gebruik het en wat baie potensiaal wys. Sy pa RPE18-47 is een van die beste LAR09-281 seuns wat ons gebruik het, wat konstant goeie beeste geteel het, o.a. Lot 6 van 2024. RPE21-219 se ma, LDW12-058 is een van ons top LAR05-350 dogters en sy het al 2 seuns geteel wat in die stoet gebruik is. RPE21-219 is een van daardie bulle wat jy net raak sien as jy in 'n groep bulle inloop, hy het 'n gladde vel en haar, sterk kop en bek, besonderse diepte en breedte, perfekte testis, netjiese skede en het na ons mening die perfekte balans tussen bespiering en bevleesing. RPE21-219 is 'n dikgat bul, met 'n diep stamboom en 'n pragtige ma. 


LOT3

RPE21-219

LOT3

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values


LOT3 SIRE

RPE18-047


LOT3 DAM

LDW12-058