CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT6

Lot 6 is 'n bul wat ons self in die kudde gebruik het en is een van ons gunstelinge op vanjaar se veiling. Hy is lank, soos 'n vriend van my hom noem, hy is lewenslank! Met sy genetiese samestelling verwag ons dat hy in een generasie lengte, breedte en vroeg ryp tipe gaan vaslê. Hy is uit die ou staatmaker koei LAR06-104(LAR03-71 dogter) met 'n TKP van 419 oor 11 kalwers waarvan 5 as stoet bulle by Up George Bonsmaras goedgekeur is en dan nou ook RPE19-122! Sy vaar is RPE16-05 (sien lot 5 beskrywing) wat baie konstant geteel het en konstant die regte tipe diere geteel het by amper enige koei. Lot 6 is 'n bul met besonderse lengte, breedte en diepte. Hy is kort op die been, vroeg ryp, dra goeie bespiering, groot skof, sterk kop en bek. Hy is donker en hy is DIK! Hier is 'n bul wat in een generasie 'n reuse verskil gaan maak waar hy ookal gaan!


LOT6 DAM

LAR06-104



LOT6

RPE19-122

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values


LOT6 SIRE

RPE16-05

(LAR05-350 AND LAR05-67 COBINATION)

CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT7

Lot 7 is 'n bul wat geskik is vir verse en koeie. Ons het hom self op verse gebruik en verwag dat sy kalwers gaan klein wees by geboorte maar steeds goed sal groei en goeie bouvorm sal hê. Sy ma is 'n besonderse vrugbare koeitjie, sy kalf die eerste keer op 18 maande ouderdom(per ongeluk) en van toe af elke jaar! Sy vaar is PAD13-177 (sien lot 2) wat konstant uitstekende bouvorm teel. Lot 7 is 'n veilige "all-rounder" bul met goeie bouvorm, 'n super vrugbare moeder en goeie gemiddelde syfers.



LOT7 DAM

RPE16-27

(LAR05-350 dogter)

LOT7

RPE19-108

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values


LOT 7 SIRE

PAD 13-177

CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT8

Lot 8 praat vir hom self en is 'n BUL onder die bulle! Hy het van vroeg af uitgestaan met sy uitsonderlike breedte, hy is waarskynlik die bul met die beste breedte oor die skouers wat ons al gesien het. 'n Bul met 'n manlike sterk kop, breed tussen die oë, sterk breë bek, baie sterk rug ten spyte van sy uitsonderlike lengte, vol agter die blaaie en besonderse binne en buite dye. Ons het hom self gebruik in ons stoet en behou ook 'n semen gebruik van die bul wat reeds getap is. Sy ma is een van ons beste LAR05-350 dogters (ons het nog 58 van hulle in die kudde) wat elke jaar een van die top kalwers gee. Sy is ook besonders vrugbaar, sy kalf die eerste keer op 28 maande met 'n TKP van 367/4, gemiddelde speen indeks van 111 en reproduksie indeks van 115, 'n besonderse koei. Sy vaar is 'n PAD15-78 (beskryf in diepte onder lot 4). Lot 8 self speen 291kg onder veld toestande met 'n speen indeks van 115! Hier is 'n stoet bul!

LOT8 DAM

RPE15-38


LOT8

RPE19-123

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values



LOT8 SIRE

PAD 15-78 (KVB11-101 son)

CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT9

Lot 9 is nog een van die sterker bulle op die veiling wat geskik is vir verse en koeie en wat ons ook op ons eie verse gebruik het. Hy is een van die jonger bulle op die veiling en ons verwag hy gaan nog baie ontwikkel. Hy is 'n donker rooi bul met 'n blink gladde beweeglike vel, baie diepte met goeie sprong van rib, sterk toplyn, netjiese skede en sterk bek. 'n Bul wat ons verwag gaan pragtige vervangings verse teel. Sy ma is 'n pragtige LAR05-350 dogter met mooi vroulikheid en uier met klein kort speentjies. 'n "All-rounder" wat goed sal aanpas waar ookal hy gaan.

LOT9 DAM

RPE17-12

(LAR05-350 dogter)

LOT9

RPE19

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values


LOT9

PAD13-177 (PAD09-07)

CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT10

Lot 10 is a beef machine from head to heel! A bull that stands out with his exceptional conformation and beef qualities. He is out of a family of beef machines with his father PAD13-177 a combination of EI04-38 and CSW01-14, his mother is a LAR05-350 daughter out of a LAR05-23 daughter out of a NPT91-40 daughter.... With generation, upon generation of the right type of cattle in his pedigree it is no accident that he looks the way he does and that we expect him to breed the way he looks. His dam is a perfect looking A-frame cow that calved for the first time at 28 months and has a ICP of 385/5. Her dam is also the dam of lot 14 (which is another one of our favourites) and a beauty queen of note! We expect lot 10 will breed good male and female offspring with a good hit rate.

LOT10 DAM

RPR14-21 (LAR05-350 dogter)

LOT10

RPE19-125

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values


LOT10 SIRE

PAD13-177 (PAD09-07))