CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT11

Lot 11, RPE21-138 is een van ons gunstelinge van die veiling. Hy is een van 3 seuns van die kudde vaar LAR14-265 (Broer, selfde ma van LAR17-339) op veiling, sien lotte 9 en 23. Sy ma is een van ons top ouer koeie, RPE10-14. Sy het 11 kalwers op 13 jaar ouderdom met 'n TKP van 401 en Gem SI van 102, sy het verder 'n seun al verkoop aan Mark Mc Intire wat baie goed vir hulle gedoen het. RPE21-138 is 'n bul met "presence", hy is 'n baie korrekte bul met min foute. Sterk kop en bek, reuse skof al is hy net 28 maande oud, "table-top" rug wat plat loop tot in sy skof, breed tussen die skouers, lang lyf, vol binne en buite dye en 'n boudspier wat laag af gaan. Verder was RPE21-138 die 2de swaarste speenkalf van al die bulle op die veiling, met 'n speengewig op 205 dae van 332kg, speen indeks van 119, en 'n GDT indeks van 117. Vir die kritici wat sê bonsmaras kalwers kan nie 'n skaal trap nie, wys hulle die bul se kalwers!

LOT11 SIRE

LAR14-265

LOT11

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values


CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT12

Lot 12 RPE21-95 is een van 5 seuns van LAR17-263 (LAR14-173 seun) op die veiling en is 'n tipiese 263 seun met sy besonderse bouvorm, uitstekende balans, goeie lengte en breedte, vol agterkwart en 'n diep brieë borsvloer. RPE21-95 se ma is een van ons beste LAR05-350 dogters, met 2 van haar seuns wat gebruik is in die kudde. Verder het RPE21-95 uitstekende teelwaardes met 'n geboorte gemak syfer van 104, speenkalf waarde 124, vrugbaarheidswaarde van 122, koeiwaarde 130, groeiwaarde 133, karkaswaarde 127. Hy is 'n die definisie van 'n "all rounder" met alles in die oortreffende trap!

LOT12 DAM'S SIRE

LAR05-350

LOT12

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values



LOT12 SIRE

LAR17-263

CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT13

Lot 13, RPE21-129 is 'n baie indrukwekkend bul met sy besonderse diepte en kapasiteit. Hy het 'n mooi los donker vel, gladde hare, goeie breedte, baie goeie balans tussen voor en agter en 'n gemaklike gang. RPE21-129 is veilig vir verse maar sal nogsteeds goeie groei teel, met 'n geboorte gemak syfer van 104, speenkalf waarde van 104, en groei van 101, verder is sy vrugbaarheids waarde 111 en onderhoudswaarde van 117. Werklik indrukwekkende syfers. Hier is 'n bul wat nie die DB geen dra nie, baie vleis dra en aanbeveel word vir koeie en verse.

LOT13 SIRE'S SIRE

PAD15-130

LOT13

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values



CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT14

Lot 14, RPE21-82 is 'n bul met besonderse diepte en kapasiteit, hy is dieper as 'n Jan Blohm love song en langer as 'n trein. RPE21-82 is 'n direkte seun van LAR09-281 en lyk ook baie na sy pa. Sy ma is 'n pragtige vroulike dogter van LAR05-350, met 'n TKP van 411 oor 5 kalwers. Sy het elke jaar een van die top kalwers in die kudde, met beide RPE21-82 en sy broer RPE20-65 wat ons in die kudde gebruik op stoet verse. RPE21-82 het die beste lengte:hoogte verhouding van al die bulle op die veiling van 1.32:1, werklik iets besonders! Hy het uitstekende syfers met geboorte direk van 90, Speen direk van 109, melk van 105, groei van 106, karkas waarde van 109, vrugbaarheid waarde van 104. Die bul dra baie vleis sonder om die DB geen te dra en ons verwag dat hy besonderse koeie en bulle sal teel en 'n groot impak in een generasie sal maak.

LOT14 DAM

RPE16-35

LOT14

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values



LOT14 SIRE

LAR09-281

CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT15

Lot 15, RPE21-64 is 'n robuste, lang lyf bul, met 'n sterk kop, goeie oog banke, 'n breë bek, mooi skof ontwikkeling en 'n vol agterkwart. RPE21-64 is uit 'n prentjie mooi LAR05-350 dogter LDW12-47, sy is nou 11 jaar oud met 9 kalwers. 'n vroegryp "all rounder".

LOT15 DAM

LDW12-47(LAR05-350)

LOT15

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values

LOT15 SIRE

PAR18-15