CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT16

Lot 16 is 'n bul met besonderse manlikheid en balans en met 'n ma soos syne is dit geen verrassing nie, soos Prof Bonsma gesê het die vroulikste koeie teel die manlikste bulle. Lot 16 se ma is PAD12-33 (lyn geteelde dogter van die platinum koei AG96-148), 'n prentjie van 'n koeie wat die toonbeeld is van hoe 'n bonsmara koei moet lyk, sy het die perfekte wigvorm van agter na voor, sy is vroulik en het 'n perfekte uier met klein kort speentjies (soos die J8 nageslag dit het). Lot 16 het die selfde pa as lot 4 en 8 en trek baie na sy oupa KVB11-101. Hy is 'n bul wat baie goeie breedte en vleis dra sonder om hard bespierd te wees. Hy het 'n perfekte stert aanhegting, goeie bene en kloue, mooi manlike verdonkering (teken van hormonale balans), gladde vel en haar, netjiese skrotum en skede. Lot 16 is 'n bul wat ons vir verse en koeie sou aanbeveel. 'n Bul vir die fynproewers!

LOT16 DAM

PAD12-33

(AG96-148

PLATINUM COW

DAUGTER)

LOT16

RPE19-137

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values


LOT16 SIRE

PAD15-78

(KVB11-101)

CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT17

Lot 17 is 'n bul met 'n opvallende goeie vel en haar, goeie lengte en 'n vol agterkwart. Met sy fyner been struktuur en geboortegemak waarde van 107 sou ons hom op verse aanbeveel as jy nie teveel bespiering in jou kudde reeds het nie. Lot 17 'n bul uit een van ons staatmaker koeie (RPE10-08) sy het nog net 1 ander seun gehad en die is verkoop as 'n stoetbul aan Thinus Maritz (Nu-Alcade), sy en 4 van haar dogters is nogsteeds in die kudde. Sy is super vrugbaar met 'n TKP van 363 oor 10 kalwers en kalf die eerste keer op 26 maande.

LOT17 DAM

RPE10-08

(PAR00-77 DAUGTER)

LOT17

RPE19-167

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values




LOT17 SIRE

PAD15-78

(KVB11-101)


CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT18

Lot 18 is een van die jongste bulle op die veiling maar staan defnitief uit met sy besonderse diepte en kapasiteit, uitstekende bouvorm, mooi vel en haar, sterk kop en bek, vol agterkwart met 'n goeie balans tussen bespiering en bevleesing. 'n Bul wat geteel is uit van ons beste koei lyne, sy ma (RPE15-19) is 'n top koei wat elke jaar 'n top kalf teel, haar ma LAR02-315 was waarskynlik die koei met die beste diepte en kapasiteit wat ons nog gesien het, sy is ook die vol suster van die bekende stoet bul LAR98-272. Lot 18 se vaar PAD15-78 (sien lot 4, 8, 16) is 'n kombinasie van CSW01-14 en KVB11-101. Lot 18 is 'n besonderse bul met genetiese diepte en behoort 'n groot verskil te maak waar hy ookal gaan.


LOT18 GRANDPA

LAR05-350

LOT18

RPE19-211

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values



LOT18 SIRE

PAD15-78

(KVB11-101)


CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT19

Lot 19 is 'n dik goed bevleesde bul met baie kapasiteit, 'n sterk kop, breë bek, baie goeie lengte van lyf, goeie agterkwart met vol binne en buite dye, lang boud spier wat laag afkom op die hak en is 'n bul met baie goeie bene en kloue. Hy is 'n blok vleis uit 'n lang lyn van vleismasjiene met sa pa PAD13-177 geteel uit EI04-38 en CSW01-14, sy ma is 'n LAR05-350 dogter uit 'n LAR05-23 dogter uit 'n NPT91-40 dogter... soort teel soort en hier is die regte soort diere vir generasie op generasie in sy stamboom. Sy ma is RPE12-12 is 'n half sussie van lot 14 se ma (LDW10-160), en ook 'n vol sussie van lot 10 se ma - die is 'n koei familie wat jaar na jaar presteer. Sy kalf vir die eerste keer op 25 maande en daarna elke jaar met 'n TKP van 382 dae oor 8 kalwers. Ons verwag lot 19 gaan baie goeie bouvorm teel met goeie erfdwang a.g.v. die lang lyn van goeie bouvorm in sy voorgeslagte. Hier is 'n bul!

LOT19 DAM

RPE12-12

(LAR05-350 DAUGTER)

LOT19

RPE19-67

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values



LOT19 SIRE

PAD13-177

(PAD09-07)

CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT20

Lot 20 is 'n bul met goeie bouvorm, sterk breë rug, sterk kop, breë bek, groot goed gevormde testes (42cm skrotum omtrek) en goeie kloue. Sy ma is 'n pragtige donker rooi koei met mooi vroulikheid en wigvorm. Sy vaar is PAD15-78 (KVB11-101) wat konstant goeie bulle en verse teel. Met sy speen direk syfer van 108 verwag ons hy sal ook swaar speenkalwers teel.


LOT20 DAM

RPE16-30

LOT20

RPE19-176

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values



LOT20 SIRE

PAD15-78

(KVB11-101)