
LOT33
RPE19-180 is een van ons gunstelling koeie en die tipe koei wat seer maak om te verkoop. Sy is 'n dogter van PAD15-78 (KVB11-101) wat besonders goed geteel het vir ons met beide manlik en vroulike nageslag. PAD15-78 se seuns het uitstekende bouvorm en sy dogters is breë diep koeie met mooi vroulikheid, netjiese uiers, netjiese, goed geplaasde spene en is van ons koeie wat gereeld goeie bulle teel. RPE19-180 se ma JRP07-21 was 'n pragtige dogter van LAR03-308(seun van die matriarg Up George koei LAR95-50) uit JJ Park se kudde. RPE19-180 se vorige vers is in die top 5 van ons 2023 kalwers oes. RPE19-180 word verkoop met 'n pragitge verskalf by LAR18-39, 'n nie-geendraende LAR14-200 seun uit 'n JRP11-73 dogter. Sy is bevestig dragtig van LAR17-358.