CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT21

Lot 21, RPE21-152 is 'n lekker vroeg ryp, donker van kleur bul met baie kapasiteit, wat veiling is om te gebruik op verse. Hy is uit 'n pragtige LAR05-350 dogter wat elke jaar 'n uitstekende kalf lewer. Sy kalf die eerste keer op 28 maande en sy het 'n TKP van 365 oor 7 kalwers en is nou 8 jaar oud, met 'n gemiddelde speen indeks van 102. Johan Zietsman praat van 'n 3+2 koei(3 jaar oud en 2 keer gekalf) hier is 'n 8+7 koei (8 jaar oud, 7 keer gekalf), dit is regtig iets besonders. Hier is 'n bul wat veilig is vir verse en wat donker rooi, vrugbare, vroegryp vervangingsverse gaan teel.

LOT21 SIRE

PAR18-15

LOT21

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values


CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT22

Lot 22, RPE21-120 is die eerste seun van RPE19-135 (verkoop aan Up George Bonsmaras en Baszhon Bonsmaras in 2022) wat ons aanbied en het baie van sy pa in hom. Hy is 'n robuste bul met uitstekende lengte van lyf, goeie bespiering, 'n sterk kop, netjiese onderlyn, goeie balans tussen voor en agter en goeie kloue. Hy is uit 'n pragtige vroulike LAR05-350 dogter, RPE14-109, sy is 'n toonbeeld van vrugbaarheid en vroulikheid, met die mooiste wigvorm en 'n fyn lang nek. Soos prof Bonsma gesê het: "die vroulikste koeie teel die manlikste bulle" en RPE21-120 is 'n voorbeeld hiervan - so vroulik soos sy ma is, so manlik is hy, met 'n sterk breë bors, dik nek, pragtige verdonkering en bespiering. Ons verwag hy gaan lekker bespierde bulle teel en vroulike dogters nes sy ma.

LOT22 DAM

RPE14-109

LOT22

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values



LOT22 SIRE

RPE19-135

CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT23

Lot 23, RPE21-112 is een van 3 seuns van die kudde vaar LAR14-265 (Broer, selfde ma van LAR17-339) op veiling, sien lotte 9 en 11. RPE21-112 is 'n bul met besonderse lengte en bespiering en behoort swaar speenkalwers te teel, met sy eie speen gewig op 205 dae van 311 en speen direk indeks van 137. Gebruik hom op koeie om bouvorm en speengewig te verbeter.

LOT23 SIRE

LAR14-265-2

LOT23

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values



CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT24

Lot 24, RPE21-131 is 'n bul wat veilig is om jong verse mee oop te maak, sonder om bouvorm te benadeel. Hy is 'n vroegryp bul met goeie kapasiteit, lengte en bevleesing. Sy ma is 'n vrugbare LAR05-179 dogter, met 'n TKP van 405 oor 11 kalwers en is nogsteeds in die kudde.

LOT24 DAM

LMR09-323

LOT24

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values



LOT24 SIRE

VAAR PAD18-15

CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT25

Lot 25, RPE21-159 is 'n klipharde robuuste bul met goeie bespiering, sonder om die DB geen te dra. Hy is veilig om jong verse oop te maak en sal bouvorm ook verbeter. Hy is uit 'n prentjie mooi AG koei wat spog met 'n TKP van 401 oor 10 kalwers. Hier is 'n vroegryp bul wat sy werk sal doen en kondisie sal behou.

LOT25 DAM

AG11-445

LOT25

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values