CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT8


RPE22-106 is vir ons die toonbeeld van manlikheid. Hy is 'n seun van LAR17-358 wat al sy pa se goeie einskappe dra. Hy het al van jonks af uitgestaan met sy sterk oogbanke en kop, goed bevleesde lyf en manlike houding. So ook het ons hom gebruik op van ons beste koeie vars uit fase D. RPE22-106 is 'n bul onder die bulle, hy is besonders breed, lank en diep, het uitsonderlike sekondêre manlike eienskappe, met sy manlike verdonkering, dik goed bespiere skof, manlike kop en HOUDING! RPE22-106 se kalwers is besonders en ons is ongelooflik opgewonde oor hulle, sy kalwers is klein by geboorte (29-33kg) maar is lewenslustig en groei baie vinnig na geboorte. RPE22-106 se erfdwang is opsigtelik en mens ken sy kalwers uit sonder om na die papiere te kyk. Soos hy manlikheid uitstraal, is sy ma weer die toonbeeld van vroulikheid en soos Oom Jan Bonsma gesê het: "die vroulikste koeie teel die manlikste bulle en andersom", so is dit ook hier... Sy ma PAD13-11 is 'n pragtige AG09-762 dogter, sy het al 3 stoet bulle geteel en haar huidige kalf lyk ook baie belowend. Daar is maar net koeie wat bulle kan teel en ek glo hoe meer mens die nageslag van sulke koeie gebruik wat herhaaldelik top bulle teel hoe beter sal ons "hit rate" word om goeie bulle te teel. Hier is 'n bul wat mens tot die volgende vlak kan vat. Daar is reeds 2 semen gebruike opgeneem van die bul en ons behou een semen gebruik. 


LOT8

RPE22-106

LOT8

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values


LOT8 SIRE

LAR17-358


LOT8 DAM

PAD13-011