LOT34

RPE18-21 is een van ons "royal blood" koeie, haar ma, PAD11-79 is 'n direkte dogter van EI01-297 wat die vers kalf was weermee EI94-254 verkoop is as duurste koei op wyle Bokkie van der Merwe se uitverkoping. PAD11-79 was een van die mooiste, vroulikste koeie wat ek al gesien het, sy het die perfekte wigvorm gehad, pragtige uier en ongeloflike kapasiteit. RPE18-21 se vaar is PAD13-177, ook die vaar van RPE19-125(die duurste bul op ons 2022 produksie veiling, verkoop aan Johan Goosen). 

RPE18-21 is 'n koei wat ons baie van verwag, sy het besonderse diepte en kapasiteit, pragtige uier en word verkoop met 'n baie belowende LAR17-358 seun. Ons het haar ge-KI met LAR21-45 in Desember en LAR17-358 was die opvang bul na die KI. Dragtigheid sal bevestig word op die dag van die veiling.