
LOT37
RPE20033 is pratige jong koei met 'n perfekte wigvorm, lang middelstuk, vroulike lang nek en netjiese uier. Sy is 'n dogter van PAD13-177 uit een van ons top bul moeders LDW13-186, wie se laaste seun RPE23-74, tans gebruik word in die kudde. LDW13-186 is 'n kombinasie van o.a. EI94-339, CEF02-328 en CEF99-287. RPE20-33 word verkoop met 'n pragtige bul kalf van LFR19-101. Haar eerste kalf RPE22-100 is lot 11 op die veiling en een van ons gunstelinge. Haar 2de kalf was ook een van die top vers kalwers van 2023. Hier is 'n jong koei wat reeds bewys het sy kan teel met haar hele lewe voor haar. Sy loop tans by een van ons belowende jong bulle RPE23-32.