CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT16

Lot 11, RPE21-138 is een van ons gunstelinge van die veiling. Hy is een van 3 seuns van die kudde vaar LAR14-265 (Broer, selfde ma van LAR17-339) op veiling, sien lotte 9 en 23. Sy ma is een van ons top ouer koeie, RPE10-14. Sy het 11 kalwers op 13 jaar ouderdom met 'n TKP van 401 en Gem SI van 102, sy het verder 'n seun al verkoop aan Mark Mc Intire wat baie goed vir hulle gedoen het. RPE21-138 is 'n bul met "presence", hy is 'n baie korrekte bul met min foute. Sterk kop en bek, reuse skof al is hy net 28 maande oud, "table-top" rug wat plat loop tot in sy skof, breed tussen die skouers, lang lyf, vol binne en buite dye en 'n boudspier wat laag af gaan. Verder was RPE21-138 die 2de swaarste speenkalf van al die bulle op die veiling, met 'n speengewig op 205 dae van 332kg, speen indeks van 119, en 'n GDT indeks van 117. Vir die kritici wat sê bonsmaras kalwers kan nie 'n skaal trap nie, wys hulle die bul se kalwers!

LOT16 SIRE

LAR17-263

LOT16

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values


CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT17

Lot 17 is a thickset, robust bul with exceptional conformation without carrying the DM gene. He has a smooth coat, strong head, broad over the shoulder, broad chest floor, neat underline, big well developed testis, full hindquarters, good strong legs and claws. His Length:Height ratio of 1.25 : 1 is a good indicator of his good length and early maturity. His mother is one of the oldest cows on the farm, LAR07-286, she has over the years produced some of the best calves with 2 of her sons sold on our production sales and 3 sold on Up George's sales. She is a daughter of LAR03-71, she is a long, femine cow with a near perfect udder, one of the reasons for her longevity.

LOT17 DAM

LAR07-286 (LAR03-71 DOGTER)

LOT17

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values



LOT17 SIRE

PAD18-15

CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT18

Lot 18, RPE21-169 is een van die bulle wat die meeste vleis dra op die veiling, sonder om hard bespierd te wees, hy is 'n KVB11-101 klein seun uit een van ons top produserende koeie, RPE16-30, sy het al 7 kalwers produseer, het 'n TKP van 375 en 'n gem SI van 107. RPE21-169 het uitstekende syfers met 'n speen direk indeks van 128 en amper al sy syfers ver bo gemiddeld. Hy het 'n gladde donker rooi vel, uitstekende breedte en diepte, lang lyf, sterk kop en bek en vol binne en buite dye. Hier is 'n bul wat swaar speenkalwers met uitstekende bouvorm en pragtige donker rooi koeie gaan teel.

LOT18 DAM

RPE16-30

LOT18

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values



LOT18 SIRE

PAD15-78 (KVB11-101)

CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT19

Lot 19, RPE21-130 is die eerste seun van RPE19-123 (top prys bul op ons 2022 veiling) wat ons aanbied. Hy is 'n donker rooi, swartneus bul, met 'n lang lyf, sterk kop. goeie breedte oor sy skouers en uitstekende bespiering, sonder om die DB geen te dra. Hy het 'n besonderse gladde vel met 'n fyn haar wat baie geswens is. Verder het 'n goeie kloue en 'n gemaklike gang, 'n bul wat sal kan loop agter sy koeie aan. Sy ma is 'n pragtige wigvormige koei met 'n TKP van 417 oor 4 kalwers en 'n gemiddelde speen indeks van 102. RPE21-130 se teelwaardes is uitstekend met 'n geboortegemak waarde van 101 en speenkalf waarde van 114. Een van daardie bulle met klein kalwers by geboorte en wat swaar gaan speen. WOrd aanbeveel vir koeie en verse.

LOT19 SIRE

RPE19-123

LOT19

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values



CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT20

Lot 20, RPE21-181 is 'n bul wat van 'n jong ouderdom uitgestaan het met sy sterk kop en uitstekende bouvorm. Hy is besonders lank met 'n L:H verhouding van 1.29 : 1 aan die einde van sy fase D. 'n Bul met 'n sterk rug, breed oor die skouers, sterk rug, met prominente oogspier, sterk oor die lende en vol binne en buite dye. Hy is uit een van ons staatmaker ouer koeie, RPE12-37, 'n LAR05-350 dogter met 'n TKP van 393 dae oor 11 kalwers. RPE21-181 is een van die jonkste bulle op die veiling met BAIE potensiaal.

LOT20 DAM

RPE12-37

LOT20

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values

LOT20 SIRE

PAD18-15