CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT11

Lot 11 is 'n bul wat uitstaan met sy manlikheid en uitstekende bouvorm. Hy het 'n blink gladde vel, pragtige manlike verdonkering, breë rug, vol agter die blaaie, sterk kop, dik nek, uitstekende balans tussen voor en agter, baie diepte en kapasiteit en die perfekte balans tussen bespiering en bevleesing. RPE20-65 se vaar is PAD13-177, ’n kombinasie van 'n CSW01-14 dogter en 'n EI04-38 seun. Aan moederskant is RPE20-65 uit 'n pragtige LAR05-350 dogter, RPE16-35, sy soog tans haar 4de kalf, al 3 haar vorige kalwers is goedgekeur, haar 2de seun RPE21-82 gebruik ons tans op ons stoet verse. Sy ma se ma RPE10-08 is nog 'n staatmaker koei met 11 kalwers in 12 jaar met 'n TKP van 365. Hier 'n goedbevleesde, "all-rounder" wat mens kan aanwend op verse en koeie, 'n bul wat baie vleis dra sonder on die DB gene te dra.


LOT11 DAM

RPE16-35



LOT11

RPE20-65

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values


LOT11 SIRE

PAD13-177


LOT11

DAM'S SIRE

LAR05-350

CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT12

Lot 12 is 'n bul wat dadelik jou oog vang met sy besonderse manlike kop en reuse skof, let wel hy is nou eers 29 maande oud. Hy is die langste bul wat ons nog in 'n fase D getoets het met 'n lengte : hoogte verhouding van 1.28 : 1. Hy speen 52% van sy ma se gewig, met 'n speen direk syfer van +29.8 en melk syfer van +2. RPE20-97 is 'n LAR14-265 seun wat half broer(selfde ma) is van LAR17-339 (Die Up George bul verkoop aan Elof Muller vir R1.5m in 2021), aan moederskant is RPE20-97 uit 'n top LAR05-350 dogter wat elke jaar een van die beste kalwers teel. Verder het RPE20-97 'n baie gemaklike gang, goeie kloue en bene, uitstekende vel en haar met swart pigment, netjiese skede en perfekte testes. RPE20-97 is 'n bul wat ons self in die stoet gebruik het en ons behou 'n semen aandeel van die bul.



LOT12 DAM

RPE13-36



LOT12

RPE20-97

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values



LOT12 SIRE

LAR14-265



CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT13

Lot 13 is 'n bul wat ons in gekoop het om ons stoet koeie te gebruik spesifiek om sy pa (LAR15-423) en die se ma (LAR10-259) se genetika in ons kudde in te bring. Lot 13 lyk baie soos sy pa met besonderse lengte van lyf, breedte oor die skouers, vol dye en goeie bene en kloue. Aan moederskat is HAS19-125 uit die SYF07-36 lyn wat baie goeie bouvorm geteel het. Verder het HAS19-125 'n speen direk syfer van +24.4, lengte syfer van +19 en hoogte van -9. Hier is 'n bul wat swaar speenkalwers gaan teen met goeie bouvorm.

LOT13 SIRE

LAR15-423


LOT13

HAS19-125

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values



CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT14

Lot 14. RPE20-16 is ‘n geneties meerderwaardige bul. Hy is ‘n seun van PAD15-78 wat gelynteel is na J8 en BG96-125 deur KVB11-101 as vaar te kombineer met ‘n CSW01-14 dogter. RPE20-16 se ma (RPE15-07) is ‘n LAR10-181 dogter en is een van die mooiste koeie wat ons al gesien het, breed van agter en wigvormig. Lot 4 van ons 2022 veiling, gekoop deur Up George bonsmaras en Baszohn bonsmaras is dieselfse genetiese kombinasie(PAD15-78 op ‘n LAR10-181 dogter). RPE20-16 is werklik iets spesiaal, hy is breed en lank met besonderse diepte en hy dra baie vleis sonder om die DB gene te dra. Hy het baie goeie bene en kloue, netjiese skede, perfekte testes en sterk breë bek. ’n Baie korrekte bul met genetiese diepte. Hy is veilig vir verse maar sal nogsteed 'n swaar speenkalf lewer. Ons het hom self gebruik en behou ook ‘n semen aandeel van die bul.

LOT14 DAM

RPE15-07(LAR10-181)


LOT14

RPE20-16

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values



LOT14 SIRE

RPE15-07(LAR10-181)

CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT15

RPE20-117 AKA Vleispaleis! Hy is voorwaar 'n blok vleis. Hy is breed en hy is diep. Hier is 'n bul wat in een generasie 'n beduidende verbetering in bouvorm en vleis eienskappe gaan maak. Sy vaar, PAD15-78 (Sien lot 14) het 9 seuns op van jaar se veiling, 'n bul wat konstant uitstekende bouvorm teel. Aan moederskant is kom RPE20-117 uit 'n pragtige LAR05-159 dogter wat spog met 'n TKP van 401 oor 7 kalwers. RPE20-117 het 'n sterk breë rug, vol agter die blaaie, vol binne en buite dye met 'n boud wat tot laag af kom op die hak. 'n Bul wat sy werk sal doen sonder om maer te word, met uitstekende bouvorm en genetiese diepte.

LOT15 SIRE

PAD15-78 (KVB11-101)

LOT15

RPE20-117

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values