CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT1

Soos dit nou al tradisie geraak het hier by Essakov Bonsmaras begin ons die veiling met een van die sterre van die veiling. RPE21-23 is 'n goed bevleesde, nie-geendraend seun van LAR17-263(LAR14-173 seun) uit een van ons beste moederlyne. Sy ma RPE17-081 is 'n besonderse mooi vroulike koei met 4 kalwers op die grond en 'n TKP van 358, sy ouma is RPE14-21 wat ook die ma is van lot 10 asook die ma van die stoet bul RPE19-125, verkoop aan Johan Goosen in 2022, haar ma, LDW10-160, is weer die ma van lot 4 wat een van die ander sterre van die veiling is. RPE21-23 het 'n sterk kop, breë bek, uitstekende gladde haar en 'n lekker los beweeglike vel, lang stert, groot testes en breë borsvloer. Wat werklik van die bul uitstaan is sy diepte en kapasiteit - hy is dieper as 'n digbundel! Hier is 'n bul wat besonderse diep, hoë produserende koeie sal teel en wat hard bespierde, silindriese beeste in een generasie sal verbeter.

LOT1 DAM'S DAM

RPE14-21(LAR05-350)


LOT1

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values


LOT1 SIRE

LAR17-263



CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT2

Lot 2 this year is a very impressive son of LAR17-263(LAR14-173 son) out of a very good looking, feminine cow RPE18-009 sold to Hanru Olivier (HBO bonsmaras) in 2023. RPE21-14 is a long, broad, dark red bul with black points. He has a strong head, broad muzzle, neat underline, big straight testes and long tail. A bull that will breed beautiful replacement cows and heavy weaners with his wean direct index of 150! If you need to improve the weaning weight of your calves and want to improve the uniformity of your herd, this is the bull for you!

LOT2 SIRE

LAR17-263


LOT2

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values



CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT3

Lot plassings is altyd 'n moeilike ding en die jaar was besonders moeilik met 'n string sterk bulle. Ons het RPE21-19 op lot 3 geplaas as een van ons gunstelinge van die veiling. Hy is 'n baie korrekte bul met 'n byna perfekte toplyn wat plat loop tot reg in sy skof, perfekte groot testes, manlike kop met 'n sterk breë bek, gladde vel en haar, sterk bene en goeie kloue. Met dit alles gesê is dit een van die breedste bulle op die veiling wat baie vleis dra van voor tot agter en 'n boud spier wat tot laag afloop in die hak. RPE21-19 is 'n seun van PAD15-78(KVB11-101 seun) waarvan seuns al verkoop is aan Up George bonsmaras, Baszohn Cattle Co en Lourens van Wyk. Sy ma was 'n kort op die been, vroeg ryp koei met 'n pragtige uier en kort dun speentjies. Sy was besonders vrugbaar met 'n TKP van 325 oor 4 kalwers en gemiddelde speen indeks van 102, wat werklik iets besonders is. Sy is ongelukkig dood in 2022. Sy was 'n LAR05-350 dogter, LAR05-350 het van die beste koeie in die bedryf geteel met koeie soos LAR10-152(LAR14-200 se ma) wat ook 'n dogter is van hom. Blou bloed!

LOT3 SIRE

PAD15-78 (KVB11-101)

LOT3

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values



LOT3 DAM'S SIRE

LAR05-350-3

CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT4

Op Lot 4 is een van ons gunsteling bulle op die veiling - RPE21-58, hy is 'n kleinseun van LAR09-281, wat baie na sy oupa trek en is uit een van ons beste koeie. RPE21-58 is die 2de seun van haar wat ons gebruik het, met die ander een - RPE19-188 (2023 produksie veiling se lot 3, verkoop aan Hansie Viljoen). RPE21-58 is 'n bul met 'n besonderse sterk kop en bek, lang diep lyf, goeie breedte en bespiering, sonder om die dubbelbespiering gene te dra. Ons het hom gebruik met groot sukses op stoet koeie en verse, met van ons beste kalwers van die seisoen wat uit hom uit kom. Hier is 'n beproefde jong stoet bul wat koppe, diepte, lengte en kapasiteit gaan by sit, waar ook al hy gaan. Ons behou 'n semen aandeel van die bul.


LOT4 DAM

LDW10-160 (LAR05-23 dogter)


LOT4

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values



LOT4 SIRE

RPE18-76

LOT4 CALF

CALF


CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT5

As mens na lot 5 kyk is hy 'n prentjie van hoe die moderne bonsmara moet lyk in ons oë. Sterk manlike kop en bek, lang diep lyf met besonderse kapasiteit, medium raam - sonder om in te boet op breedte, lengte of gewig. Gladde vel, met 'n fyn haar, netjiese onderlyn maar steeds 'n beweeglike vel, goed gevormde groot testes. Hy het sterk bene en staan vierkantig op sy kloue, voorwaar 'n blok vleis! Hy is 'n seun van die bul PAD13-127 (AG09-762 seun) uit 'n LAR09-365 dogter. Ons het die bul met groot sukses gebruik vir 3 dekseisoene en behou 'n semen aandeel van die bul.

LOT5 SIRE

PAD20-45

LOT5

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values

LOT5

CALF

LOT5

CALF