LOT 21
Lot 21 is een van 5 seuns van PAD15-78 uit LAR05-350 dogters op die veiling. Hy het goeie lengte van lyf, is goed bevlees, het 'n gladde vel en haar met swart pigment. Sy ma is 'n hoogs vrugbare koei met 'n TPK van 388 oor 6 kalwers en 'n reproduksie indeks van 107. Lot 21 is een van die groter bulle op die veiling en ons verwag hy sal sterk swaar speen kalwers teel met sy eie speengewig van 289 op 7 maande van die veld af en speenkalfwaarde van 108.
LOT 22
Lot 22 is 'n bul met baie goeie bespiering en 'n gladde blink vel en haar, iets wat sy vaar PAD13-177 konstant teel. Sy ma is dan ook 'n LAR05-350 dogter wat hom een van 4 bulle op die veiling maak wat 'n kombinasie van LAR05-350 en PAD13-177 is (sien ook lot 10, lot 19 en lot 25). Lot 22 het baie goeie bouvorm, sterk breë rug, breed oor die skouers en mooi manlikheid. Hy het die hoogste (gelyk met lot 7) onderhoudswaarde (126) van al die bulle op die veiling wat dui op lae onderhoudsbehoeftes en goeie aanpasbaarheid. Alhoewel hy nie 'n klein bul is nie het hy 'n geboortegemak waarde van 111 en behoort hy veilig op koeie en verse gebruik te kan word. Hier is 'n kalf gemak bul met goeie bouvorm en goeie aanpasbaarheidseienskappe.
LOT 24
Lot 24 is 'n bul met 'n LAR voorvoegsel. Ons het hom as kalf saam met sy ma gekoop by Up George bonsmaras. Sy vaar is die bekende Syferfontein bul SYF15-169 wat baie goed gedoen het by Nico Pieterse (Syferfontein bonsmaras) en by Derick en Tutu Ralfe (Up George bonsmaras). Lot 24 is 'n bul met 'n besonderse goeie toplyn, sterk bene en kloue, netjiese onderlyn, lang stert en goeie balans. Sy ma is 15 jaar oud die jaar en nog steeds in die kudde, sy het al 11 kalwers gespeen met 'n gemiddelde speen indeks van 102. Met 'n speen direkte syfer van 115 verwag ons lot 24 gaan SWAAR speenkalwers teel!
LOT 25
Lot 25 is a broad bull that carries a lot of beef, broad over the shoulders, very good length of body and depth. A real block of beef! He is a PAD13-177 son (see lot 2 and 10) out of a young LAR05-350 daughter that is a sister (same dam) to lot 1. An attractive bull with a stong pedigree and a lot of potential.