CLICK ON PIC TO SEE VIDEO
LOT5
RPE22-20 is 'n seun van die KI bul SYF15-155 wat wyd gebruik is in die bedryf. SYF15-155 teel baie konstant, met goeie lengte van lyf, mooi donker bonsmara kleur en kort op die been. RPE22-20 se ma, RPE19-152 is 'n dogter van PAD15-78 wat baie goed gedoen het vir ons en baie goeie bouvorm geteel het. Sy kom dan ook uit 'n hoogs vrugbare koei familie met haar ouma, SAS98-116 wat leef tot 15 en 12 kalwers speen, haar ma RPE08-18 wat 10 kalwers speen met 'n TKP van 399 dae. RPE22-20 is 'n goed gebalanseede bul wat baie vleis dra sonder on die dubbelbespiering geen te dra, mooi diep lyf en uitstekende kapasiteit. Hy het 'n baie sterk toplyn, netjiese skede, lang lyf en kort op die been(Lengte : Hoogte verhouding van 1.26 : 1). Hier is 'n bul met uitstekende bouvorm wat op verse gebruik kan word.

LOT5
RPE22-020

LOT5
CLICK ON PIC
Pedigree and breeding values