
LOT38
RPE20-71 is 'n dogter van PAD15-78 uit 'n top bul moeder PAD13-357. PAD13-357 is 'n bewese bul moeder, haar seun RPE18-19 was een van ons vlagskip bulle in 2022, 100% retensie op al haar kalwers met 3 dogters nog in die kudde. PAD13-357 is 'n dogter van die robuuste bul AG08-296, en soos die ou waarheid gaan, die manlikste bulle teel die vroulikste koeie en hier is dit weer die geval, PAD13-357 was 'n vrugbare, vroulike koei, met 'n TKP van 403 oor 6 kalwers en 'n gemiddelde speen indeks van 104. RPE20-71 kalf self op 21 maande ouderdom en op net oor die 4 jarige ouderdom loop sy nou met haar derde kalf, haar eerste kalf, RPE22-97, kalf ook op 2 jaar en loop nou met haar eerste kalf. Voorwaar 'n vrugbare koei familie met die vermoë om top bulle en vroulike diere te teel. RPE20-71 word verkoop met 'n besonderse vers kalf van RPE22-106(lot 8 die jaar) en loop tans by 'n belowende jong bul RPE23-32.