CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT11

Lot 11 is an early maturing thickset bull that is line bred to his grandsire on mother and sire's side LAR05-350. He also closely resembles LAR05-350 with a strong head, broad muzzle, a lot of capacity, clean underline and broad over the shoulders. He is the type of bull that will thrive under extensive conditions and never looses condition. Due to his genetic composition (same type of cattle in his pedigree for generations and 16% inbred) we expect him to breed true to type (all important predictability!!!) and to make a significant impact in one generation. If you need to correct type and bring down shoulder height in your herd this is the bull that will make you take big strides forward in one generation. He should breed small calves at birth with good confirmation and acceptable growth.

LOT11 SIRE

RPE16-05

(LAR05-350 AND LAR05-67 COMBINATION)



LOT11

RPE19-196

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values



LOT11 GRANDSIRE ON MOTHER AND FATHER'S SIDE

LAR05-350


CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT 12

Lot 12 is another successful combination of PAD15-78(KVB11-101 combined with CSW01-14) and LAR05-350, also see lot 8. Lot 12 is a bull with very good conformation, a good balance between muscling and fleshing, full hindquarters and is wide from front to back. His mother RPE14-66(LAR05-350 daugther) is a perfect looking feminine A-frame cow that always breeds a strong calf with any bull we have put her to. Lot 12 should make a positive impact in any herd.

LOT12 DAM

RPE14-66

(LAR05-350 DOGTER)

LOT12

RPE19-140

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values



LOT12 SIRE

PAD15-78

(KVB11-101)


CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT13

Lot 13 is die jongste bul op die veiling (25maande) maar een van die bestes. 'n Bul met 'n besonderse kop en 'n pragtige gladde, los vel, 2 van die goeie eienskappe wat sy vaar LFR15-32 konstant oordra soos ons gesien het in sy 11 seuns verkoop op Up George se 2021 produksie veiling. Lot 13 se ma is die Up George koei LAR12-358 wat reeds 2 stoet bulle geteel het waarvan een verkoop is aan Kobus Du Toit. Sy is 'n dogter van die beproefde stoetvaar LAR09-281, sy is 'n prentjie mooi koei met goeie wigvorm, vroulikheid, lengte en baie breed oor haar draai- en sit bene. Sy TEEL en het baie mooi gekombineer met LFR15-32. Lot 13 is 'n bul met baie diepte en kapasiteit en goeie sprong van rib. Hy het reeds goeie skof ontwikkeling en verdonkering op 'n jong ouderdom. 'n Bul met 'n trotse houding en gemaklike gang. Hy het baie goeie kloue, korrekte skede en testes en 'n mooi lang stert. Lot 13 is 'n stoetbul deur en deur en behoort baie goeie manlike en vroulike nageslag te teel.

LOT13 DAM

LAR12-358

(LAR09-281 DOGTER)

LOT13

RPE20-05

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values





LOT13 SIRE

LFR15-32


CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT14

Lot 14 is 'n bul wat ons op 'n jong ouderdom gebruik het op stoet koeie en 'n bul wat ons opgewonde maak oor bonsmaras! Hy het ongelooflike diepte, breedte en lengte, die definisie van volume! Hy is 'n vroegryp kort op die been bul met baie goeie bouvorm. Foto's doen hom nie gestand nie, hy is baie diep en is amper so breed as wat hy diep is! Sy vaar is die bul RPE16-05 (LAR05-350 en LAR05-67 kombinasie), ook die vaar van lot 1 en lot 6 en is 'n bul met besonderse erfdwang. Lot 14 se moeder is LDW10-160, sy is 'n dogter van LAR05-23 uit 'n hoogs vrugbare NPT91-40 dogter. LDW10-160 is 'n besonderse koei en ook die ouma van lot 10. Lot 14 is 'n stoet bul uit 'n sterk koei familie. Hy is wel klein op geboorte direk maar ons sou hom nie op jong verse gebruik nie a.g.v sy besonderse breedte.

LOT14 DAM

LDW10-160

(LAR05-23 dogter)

LOT14

RPE19-188

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values



LOT14 SIRE

RPE16-05

(LAR05-350 EN LAR05-67 KOMBINASIE)

CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT15

Lot 15 is 'n kleinseun van die bekende stoet vaar AG03-29 en met sy reuse skof, gladde vel en mooi manlike verdonkering lyk hy baie soos sy oupa. Lot 15 is besonders breed, hy staan ons drukgang vol van kant tot kant. Hy het BAIE goeie kloue met goeie diepte van heel en 'n gemaklike gang, 'n bul wat sal kan stap. Hy het 'n sterk breë rug, goeie sprong van rib en baie diepte. Sy vaar is die Kotie Pienaar bul THE12-14(AG03-29 seun uit 'n VV96-318 dogter). Sy moeder is 'n JL11-348 dogter uit 'n LAR05-350 dogter(wat ook 'n vol sussie is van lot 10 se ma). Sy is 'n pragtige vroulike koei en ons gebruik nou ook 'n ander seun van haar in die stoet. Ons behou 'n saad aandeel van die bul(reeds getap).

LOT15 DAM

RPE14-24

(JL11-348 DOGTER)

LOT15

RPE19-107

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values



LOT15 SIRE

THE12-14

(AG03-29 SEUN)