CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT26

RPE20-116 is 'n bul met 'n lang lyf, goeie vel en haar, netjiese skede, goeie toplyn en sterk kloue. Hy speen 49.4% van sy ma se gewig, met 'n speen gewig van 249kg van die veld af. Sy ma (RPE14-12) is 'n top koei wat elke jaar 'n top kalf lewer, haar ma LAR02-315 was waarskynlik die koei met die beste diepte en kapasiteit wat ons nog gesien het, sy is ook die vol suster van die bekende stoet bul LAR98-272. Hier is 'n bul wat swaar speenkalwers gaan teel met goeie lengte van lyf.

LOT26 DAM

RPE14-12 (JL11-348)


LOT26

RPE20-116

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values


LOT26 SIRE

VAAR PAD13-177



CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT27

RPE20-19 is 'n bul wat elke keer mens se oog vang met sy sterk manlike kop en swart pigment. Hy het besonderse diepte van lyf, kapasiteit in oortreffende trap. RPE20-19 is dieselfde genetiese kombinasie, AG10-438 (CSW01-14 seun) op 'n LAR05-350 dogter as lot 1 en lot 4, 'n kombinasie wat uitstekende bouvorm geteel het sonder om die dubbelbespiering geen te dra. Hy het 'n melk syfer van +7 en behoort pragtige koeie te teel met kapasiteit en baie melk.


LOT27 DAM'S SIRE

LAR05-350 

LOT27

RPE20-19

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values



LOT27 SIRE'S SIRE

CSW01-14


CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT28

RPE20-99 is 'n bul met uitsonderlike bouvorm, lengte, diepte, goeie balans, lang stert, swart pigment met 'n blink gladde vel. Hy dra BAIE vleis, sonder om die dubbelbespiering geen te dra. Hy is 'n AG10-438 seun (CSW01-14 seun) by 'n pragtige donker rooi, swart pigment koei met baie kapasiteit. Aangesien beide sy ouers donker is met swart pigment verwag ons dat RPE20-99 dit sterk sal oordra na sy kalwers. 'n Bul met uitstekende vleis eienskappe wat mens met vrymoedigheid kan gebruik op hard bespierde koeie sonder om die bouvorm in te boet.


LOT28 SIRE'S SIRE

CSW01-14


LOT28

RPE20-99

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values



CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT29

RPE20-73 is 'n blok van 'n bul. Hy het ongelooflike diepte van lyf en kapasiteit. As mens na sy ma kyk sal jy verstaan hoekom hy so lyk, sy is 'n pragtige diep koei met ongelooflike kapasiteit, een van ons mooiste koeie wat konstant 'n goeie kalf vir ons teel met dieselfde diepte en kapasiteit. RPE20-73 is dan ook 'n seun van PAD15-78 (KVB11-101 seun) wat uitstekende bouvorm konstant teel. Ons glo RPE20-73 gaan in een generasie 'n groot verbetering in diepte van lyf en kapasiteit maak.

LOT29 DAM

RPE14-63 (LAR05-350)

LOT29

RPE20-37

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values



LOT29 SIRE

PAD15-78 (KVB11-101)

CLICK ON PIC TO SEE VIDEO

LOT30

Ons het vanjaar 2 vol broers op die veiling, lot 30 (RPE20-113) en die laaste bul op die veiling lot 37 (RPE19-171). Ons het dieselfde kombinasie weer gedoen want ons het gesien dit werk. RPE20-113 het uitstekende bouvorm, sterk toplyn, breë rug, vol agter die blaaie, vol binne en buite dye en 'n boud wat tot laag op die hak af gaan. Hy staan vierkantig op sy bene en loop baie gemaklik. Sy ma RPE14-35, is 'n BG96-125 kleindogter, sy is 'n pragtige koei met byna perfekte wigvorm van agter na voor, pragtige uier met klein spene, lang lyf en is die toonbeeld van vroulikheid. RPE20-113 is dan ook 3% gelyn teel na BG96-125 wat een van die legendes in die bedryf is, met sy pa (PAD13-177) en sy ma wat BG96-125 in hul voorgeslagte het. Die lyn teling behoort dan ook te verseker dat RPE20-113 goeie erfdwang sal hê en so teel soos hy lyk.

LOT30 DAM

RPE14-35 (BG96-125)

LOT30

RPE20-113

CLICK ON PIC

Pedigree and breeding values

LOT30 SIRE

PAD13-177