CLICK ON PIC TO SEE VIDEO
LOT10
Dit is bulle soos RPE22-32 wat ons opgewonde maak oor bonsmaras, hy is 'n voorbeeld van die tipe bonsmaras wat ons wil teel - Kort op die been, vroegryp vleisbeeste met uitsonderlike bouvorm wat baie goed groei en swaar weeg, hy self speen 290kg op 205dae. RPE22-32 is een van 4 seuns van SYF18-266, 'n LAR14-173 seun, sien ook lot 17, 19 en 33. RPE22-32 se ma is een van ons beste LAR05-350 dogters, sy het al 3 bulle geteel wat ons in die stoet gebruik het, sy is 'n pragtige donker rooi koei met die perfekte wigvorm van agter na voor, uitstekende diepte en kapasitiet en het op 13 jarige ouderdom nog 'n pragtige funksionele uier. Sy speen so ver 11 kalwers met 'n speen indeks van 109 en n TKP van 374 en is nogsteeds in die kudde. RPE22-32 dra ongelooflik baie vleis, maar beweeg baie gemaklik en is een van die bulle met die beste libido in die groep. Hier is 'n bul wat vir jou die regte tipe bonsmaras gaan teel, met swaar speenkalwers en pragtige vroegryp koeie met breedte en diepte wat met enige vleisbees koei sal kan kompeteer op die veld.

LOT10
RPE22-032

LOT10
CLICK ON PIC
Pedigree and breeding values

LOT10 SIRE
SYF18-226

LOT10 DAM
LDW11-119