CLICK ON PIC TO SEE VIDEO
LOT21
RPE20-02 is 'n baie korrekte seun van LFR15-032, 'n bul wat Up George sterk gebruik het en wat 'n baie goeie tipe teel. RPE20-02 se ma is 'n vroulike ou LAR koei LAR08-127 wat nog steeds in die kudde is, sy het 11 kalwers al gehad met 'n TKP van 410dae, sy is gelynteel na AG98-338 wat een van die legendes is in die bedryf. RPE20-02 het 'n gladde los vel, manlike kop, goeie toplyn en bespiering. RPE20-02 is 'n vers bul met goeie syfers wat ook op koeie aangewend kan word.
LOT21 DAM
LAR08-127
LOT21
RPE20-02
CLICK ON PIC
Pedigree and breeding values
LOT21 SIRE
LFR15-32
CLICK ON PIC TO SEE VIDEO
LOT22
RPE20-82 is die laaste van die 3 bulle op die veiling wat geteel is deur PAD15-78 (KVB11-101 seun) gekombineer met 'n LAR05-350 dogter. Die kombinasie het werklik uitstekend gewerk met al 3 die seuns wat "true to type" is en ons verwag hulle sal "true to type" teel a.g.v. die kombinasie van gene wat dieselfde tipe diere vir generasies is. RPE20-82 is uit 'n staatmaker koei familie met die ma en ouma wat hoogs vrugbaar is. Sy ouma LAR04-394 is dan ook die ma van lot 23, asook die ma van lot 14 se ma RPE15-07. Ons skryf lot 22 hoog aan met sy goeie bevleesling, baie kapasiteit, sterk rug, manlike kop, breë bek, goeie bene en kloue. Al 6 sy super waardes is bo ras gemiddeld. As jy na 'n korrekte bul soek wat "true to type" gaan teel is lot 22 dalk net dit.
LOT22 DAM'S SIRE
LAR05-350
LOT22
RPE20-82
CLICK ON PIC
Pedigree and breeding values
LOT22 SIRE
PAD15-78 (KVB11-101)
CLICK ON PIC TO SEE VIDEO
LOT23
RPE20-69 is die toonbeeld van manlikheid. Hy het 'n sterk manlike kop, sterk skof, swaar bors met genoeg diepte en uitstekende bespiering. Hy is ook een van die bulle in die groep met die beste libido, 'n belangrike eienskap in sy lyn van werk. Hy is uit 'n ou staatmaker LAR koei LAR04-394 wat baie goed vir ons geteel het. Sy het 14 kalwers in haar leeftyd gespeen met 'n gemiddelde speenindek van 100, werklik iets besonders. Ons het 3 van haar dogters steed in ons kudde en hulle teel al 3 uitstekend. Vaderskant kom die bul uit PAD13-177 wat uitstekende bouvorm teel met min foute. Hiers is 'n bul wat fluks sal dek en kalwers met goeie bouvorm sal teel.
LOT23 SIRE
PAD13-177
LOT23
RPE20-69
CLICK ON PIC
Pedigree and breeding values
CLICK ON PIC TO SEE VIDEO
LOT24
RPE20-87 is 'n robuste, vroeg ryp bul wat ons self op stoet koeie gebruik het vars uit sy fase D toets uit. Hy het van jonks af uitgestaan met sy goeie bespiering en het baie vroeg sekondêre manlike eienskappe gewys. RPE20-87 is dieselfde genetiese kombinasie (PAD13-177 en LAR05-350) as lot 10 van ons 2022 veiling wat vir R350k verkoop is aan Johan Goosen van G10 bonsmaras. RPE20-87 is 'n bul wat kondisie sal hou tussen die koeie en vroegryp "right type", "right size" diere gaan teel.
LOT24 DAM
LDW12-58(LARO5-350)
LOT24
RPE20-87
CLICK ON PIC
Pedigree and breeding values
LOT24 DAM'S SIRE
LAR05-350
LOT24 SIRE
PAD13-177
CLICK ON PIC TO SEE VIDEO
LOT25
RPE20-111 is 'n veilige vers bul wat nogsteeds goeie bouvorm het. Hy het 'n los gladde blink vel, goeie top lyn, goeie bene en kloue, met 'n gemaklike gang. Sy ma, RPE17-28, is 5 jaar oud en het reeds 4 kalwers op die grond. Sy ma se ma, RPE08-18 is 14 jaar oud, steeds in die kudde met 'n TKP van 399 dae oor 10 kalwers. Voorwaar 'n hoogs vrugbare koei familie. Hier is 'n bul wat op verse gebruik kan word en wat goeie verse behoort te teel.
LOT25 DAM'S SIRE
LAR05-350
LOT25
RPE20-111
CLICK ON PIC
Pedigree and breeding values
LOT5 SIRE
PAD13-177




